Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksie | 1972–tans |
Montering | Duitsland |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Direkteursmotor (E-segment) |
Bakstyl | 4-deur sedan 5-deur stasiewa 5-deur vloeirug (F07) |
Uitleg | voorenjin, agterwieldryf, 4x4 (xDrive modelle) |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW New Class |
Die BMW 5-reeks is 'n direkteursmotor wat sedert 1972 deur BMW vervaardig word. Dit is die opvolger van die New Class Sedans en is tans in sy sewende generasie.
Aanvanklik was die 5-reeks slegs in 'n sedan-bakstyl beskikbaar. Die stasiewa-bakstyl (genaamd "Touring") is in 1991 bygevoeg en die 5-deur vloeirug (genaamd "Gran Turismo") is van 2009 tot 2017 vervaardig.
Die eerste geslag van die 5-reeks word aangedryf deur vier- en sessilinder petrolenjins met natuurlike lugvloei. Die geslagte daarna word aangedryf deur viersilinder-, sessilinder-, V8- en V10-enjins wat natuurlik geaspireer of turboaangejaag is. Sedert 1982 is dieselenjins by die 5-reeks ingesluit.
Die 5-reeks is BMW se tweedebeste verkopermodel na die 3-reeks. Op 29 Januarie 2008 is die 5 miljoenste 5-reeks vervaardig, 'n 530d sedan in Carbon Black Metallic.[1]